gierigheid [boodskap #131203] |
Do, 07 Mei 2020 16:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gierigheid
Afbreking: gie•rig•heid
Selfstandige naamwoord: gierigheid
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toestand van gierig wees; begerig om baie te besit.
Gebruik:
• Gierigheid word deel van jou lewe wanneer jy die waarde van jou lewe meet aan dit wat jy besit.
Spreekwoord:
• Gierigheid is die wortel van alle kwaad. ['n Gierige persoon is in staat om enige kwaad te doen om sy doel te bereik.]
Sinoniem:
• hebsug
• inhaligheid
Hiponiem:
• geldgierigheid
Vertaling:
Engels: avarice, stinginess
Nederlands: gierigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|