Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » battery
battery [boodskap #131192] Wo, 06 Mei 2020 07:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Batterye
Batterye
battery
Afbreking: bat•te•ry
Uitspraak: /bɑtəˈrəɪ̯/


Selfstandige naamwoord: battery
Meervoud: batterye
Verkleinwoord: batterytjie
Meervoud van verkleining: batterytjies

Betekenis:
• Toestel wat elektrisiteit deur 'n chemiese reaksie ontwikkel.
• (militêr) Aantal kanonne met die manskappe wat hulle bedien.

Gebruik:
• Die motor se battery is pap.
• Die infanterie beskik oor 'n kragtige battery.

Afkorting:
• batt.
• bty.

Afgelei:
• batterykapasiteit
• batteryklamp
• batteryklem
• batterylaaier
• batteryspanning
• batterysuur

Vertaling:
Engels: battery, accumulator
Nederlands: batterij, accu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: baaskok
Volgende onderwerp: bederf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 00:34:50 MGT 2024