baaskok [boodskap #131191] |
Wo, 06 Mei 2020 07:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
baaskok
Afbreking: baas•kok
Samestelling: baas + kok
Selfstandige naamwoord: baaskok
Meervoud: baaskokke
Betekenis:
• 'n Kok/sjef wat hom in die kookkuns onderskei het.
Gebruik:
• Sy is 'n baaskok, die outeur van verskeie resepteboeke en het talle eerste pryse in die Pretoria Skou se huisvlytafdeling verower.
Vertaling:
Engels: master cook, chef
Nederlands: meesterkok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|