skrootwerf [boodskap #131174] |
Ma, 04 Mei 2020 20:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skrootwerf
Afbreking: skroot•werf
Samestelling: skroot + werf
Selfstandige naamwoord: skrootwerf
Meervoud: skrootwerwe
Verkleinwoord: skrootwerfie
Meervoud van verkleining: skrootwerfies
Betekenis:
• Plek waar afvalmetaal, ou karre en onderdele vir hergebruik en/of herwinning geneem word.
Gebruik:
• Hy hou daarvan om die skrootwerf te besoek waar hy allerhande stukke rommel soek om in sy uitvindings te gebruik.
Vertaling:
Engels: scrap yard
Nederlands: sloperij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|