skeef [boodskap #131148] |
Sa, 02 Mei 2020 22:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skeef
Afbreking: skeef
Byvoeglike naamwoord: skeef
Vergrotende trap: skewer
Oortreffende trap: skeefste
Attributief: skewe
Intensief: windskeef
Betekenis:
• Skuins en nie reguit nie.
• Verkeerd.
Gebruik:
• Jy het die lyn skeef getrek.
• Hy het my skeef aangekyk!
Spreekwoord:
• Alles is skots en skeef. [Wanordelik en verkeerd.]
• As die groot krap skeef loop, hoe kan die kleintjie reguit loop? [Die voorbeeld van die ouer het 'n groot invloed op die kind.]
Afgelei:
• so skeef soos 'n krap
Sinoniem:
• skuins
Antoniem:
• reguit
Afgelei:
• skeefloop
Vertaling:
Engels: off-center, squiff, not straight, skew
Nederlands: scheef
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|