teenmiddel [boodskap #131145] |
Sa, 02 Mei 2020 12:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teenmiddel
Afbreking: teen•mid•del
Samestelling: teen + middel
Selfstandige naamwoord: teenmiddel
Meervoud: teenmiddels
Verkleinwoord: teenmiddeltjie
Meervoud van verkleining: teenmiddeltjies
Betekenis:
• 'n Middel wat iets (soos gif of 'n kiem) beveg en teenwerk.
Gebruik:
• Almal is naarstiglik op soek na 'n teenmiddel teen die koronavirus.
Wisselvorm:
• teëmiddel
Sinoniem:
• antidotum
• geneesmiddel
• medisyne
• teengif
Vertaling:
Engels: antidote
Nederlands: tegenmiddel, antidotum
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|