kol [boodskap #131143] |
Sa, 02 Mei 2020 10:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kol
Afbreking: kol
Selfstandige naamwoord: kol
Meervoud: kolle
Verkleinwoord: kolletjie
Meervoud van verkleining: kolletjies
Betekenis:
• 'n Ronderige merk of vlek.
• 'n Bepaalde plek of stuk land.
Gebruik:
• Ná die grusame moord was daar 'n groot kol bloed op die mat.
• Sy plant 'n grondbedekker in die kaal kol. Mooi so, jy is in die kol.
Spreekwoord:
• Dit sal nie vir my 'n vaal kol maak nie. [Dit sal my nie in die minste raak nie.]
• Sit op die kol, soek na die kol. [Gesê vir iemand wat vlak teen 'n voorwerp is wat hy soek.]
Afgelei:
• kollig
• kolskoot
• kol-kol
Vertaling:
Engels: dot, stain, puddle; spot
Nederlands: stip, vlek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|