Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wip
wip [boodskap #131140] Sa, 02 Mei 2020 09:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wolf wat in 'n wip vasgevang is.
'n Wolf wat in 'n wip vasgevang is.
wip
Afbreking: wip


Selfstandige naamwoord: wip
Meervoud: wippe
Verkleinwoord: wippie
Meervoud van verkleining: wippies

Betekenis:
• 'n Strik waarmee jagters diere vang.
• Iets wat op en af beweeg, soos 'n wipplank of wipmat.

Gebruik:
• Hy stel 'n wip om hase te vang.
• Die kinders ry op die wip.

Afgelei:
• wipmat
• wipplank
• wiprooster
• wipstoel
• wipwaentjie

Vertaling:
Engels: trap; seesaw
Nederlands: wip


Werkwoord: wip
Verlede tyd: het gewip

Betekenis:
• Op en af beweeg.
• Kwaad word; vererg.

Gebruik:
• Hy wip soos hy skrik.
• Sy het haar vir my gewip.

Spreekwoord:
• Moenie jou stert wip nie. [Moenie kwaad word nie.]
• Moenie vir jou wip nie. [Jy moenie jou aanstel of vererg nie.]

Vertaling:
Engels: to skip, hop; to get mad
Nederlands: wippen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dolk
Volgende onderwerp: hef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 00:17:51 MGT 2024