taai [boodskap #131137] |
Sa, 02 Mei 2020 08:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
taai
Afbreking: taai
Byvoeglike naamwoord: taai
Vergrotende trap: taaier
Oortreffende trap: taaiste
Attributief: taai
Partitief: taais
Intensief: biltongtaai, hondstaai, karootaai, rateltaai, seningtaai
Betekenis:
• Moeilik om te kou of te sny.
• Klewerig of stroperig.
• Met groot uithouvermoë.
Gebruik:
• Die ou bees se vleis is taai.
• Die kinders se hande is taai van die toffie-appels.
• Die boere is taai en laat hulle nie sommer onderkry nie.
Spreekwoord:
• Hy gee my 'n taai klap. [Iemand 'n harde klap gee.]
Vergelyking:
• So taai soos 'n ratel.
• So taai soos 'n tameletjie.
Sinoniem:
• gehard
• klewerig
Afgelei:
• taaiheid
• taaierig
Vertaling:
Engels: tough, sticky, resilient
Nederlands: taai
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|