yl [boodskap #131121] |
Vr, 01 Mei 2020 10:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
yl
Afbreking: yl
Werkwoord: yl
Verlede tyd: het geyl
Teenwoordige deelwoord: ylend
Betekenis:
• Mompel en onverstaanbaar/onsamehangend praat, soos wanneer iemand koors het.
Gebruik:
• Sy yl so dat ek nie kan uitmaak wat sy sê nie.
Verwant:
• ylende
• yling
Vertaling:
Engels: to be delirious, rave
Nederlands: ijlen
Byvoeglike naamwoord: yl
Vergrotende trap: yler
Oortreffende trap: ylste
Attributief: yl
Betekenis:
• Met 'n lae digtheid.
Gebruik:
• Goeie vriende is yl gesaai.
• Van die 15 verskillende kraanvoëls het die bloukraanvoël die ylste verspreiding.
Afgelei:
• ylheid
Vertaling:
Engels: rare, thin, rarefied
Nederlands: ijl
Selfstandige naamwoord: yl
Meervoud: –
Betekenis:
• Vinnig; met haastige spoed.
Gebruik:
• Hulle het hom in aller yl te hulp gesnel.
Vertaling:
Engels: hasten, hurry, rush
Nederlands: zich haasten, snellen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|