Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aalwyn
aalwyn [boodskap #131118] Vr, 01 Mei 2020 09:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die aalwyn.
Die aalwyn.
aalwyn
Afbreking: aal•wyn
Uitspraak: /ˈɑ(ː)ɫvəɪ̯n/


Selfstandige naamwoord: aalwyn
Meervoud: aalwyne
Verkleinwoord: aalwyntjie
Meervoud van verkleining: aalwyntjies

Betekenis:
• Plant met dik, getande blare in die genus Aloe met bitter sap wat vir medisyne gebruik word.

Gebruik:
• Die meeste van Suid-Afrikaanse aalwyne is beskermde plante en dit is 'n oortreding om 'n aalwyn sonder toestemming uit die veld te verwyder.

Spreekwoord:
• Hy het aalwyn getap. [Hy is in 'n slegte stemming.]

Wisselvorm:
• aalwee

Afgelei:
• aalwynagtig
• aalwynbitter
• aalwynblaar
• aalwynboom
• aalwynekstrak
• aalwynhars
• aalwynhout
• aalwynsap
• aalwyntuin
• kransaalwyn

Spelfout:
• alwyn

Vertaling:
Engels: aloe, bitter-aloe
Nederlands: aloë

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aambeeld
Volgende onderwerp: -houdend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 00:19:04 MGT 2024