afhanklik [boodskap #131111] |
Vr, 01 Mei 2020 06:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afhanklik
Afbreking: af•han•klik
Byvoeglike naamwoord: afhanklik
Vergrotende trap: afhankliker
Oortreffende trap: afhanklikste
Attributief: afhanklike
Partitief: afhankliks
Betekenis:
• Wat die hulp, bystand of steun van iemand of iets benodig en genoodsaak is om op ander te vertrou.
• Wat deur iets of iemand anders bepaal word.
• Wat ondergeskik of onderhorig is en nie selfstandig kan optree nie.
Gebruik:
• Kinders is afhanklik van hul ouers en later is die ouers afhanklik van hul kinders.
• Die tyd in 'n bepaalde land is afhanklik van die tydsone waarin dit val.
• Die Oranje-Vrystaat was 'n onafhanklike staat in Suidelike-Afrika en het later 'n provinsie van Suid-Afrika geword.
Antoniem:
• onafhanklik
Afgelei:
• afhanklikheid
Verwant:
• onderhorig
Afkorting:
• afh.
Vertaling:
Engels: dependent; depending
Nederlands: afhankelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|