Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heks
heks [boodskap #131099] Do, 30 April 2020 15:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorstelling van 'n heks op 'n besem.
Voorstelling van 'n heks op 'n besem.
heks
Afbreking: heks
Uitspraak: /ɦɛks/


Selfstandige naamwoord: heks
Meervoud: hekse
Verkleinwoord: heksie
Meervoud van verkleining: heksies

Betekenis:
• 'n Vrou aan wie bonatuurlike kragte toegeskryf word.
• (skelwoord) 'n Onaangename, lastige vrou.

Gebruik:
• Die heks het 'n swart kat en vlieg graag op haar besem rond.
• Die ou heks het my verskree omdat ek my boeke by die huis vergeet het.

Afgelei:
• heksebrousel
• heksejag
• heksery

Vertaling:
Engels: witch, vixen
Nederlands: heks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lamppaal
Volgende onderwerp: bond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 00:34:36 MGT 2024