bushalte [boodskap #131075] |
Ma, 27 April 2020 11:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bushalte
Afbreking: bus•hal•te
Samestelling: bus + halte
Selfstandige naamwoord: bushalte
Meervoud: bushaltes
Verkleinwoord: bushaltetjie
Meervoud van verkleining: bushaltetjies
Betekenis:
• Plek waar 'n bus stop sodat mense in en uit kan klim.
Gebruik:
• As gevolg van die vertraging staan daar al 'n ry mense by die bushalte.
Sinoniem:
• busstop
Hiperoniem:
• halte
Verwant:
• treinhalte
• tremhalte
Vertaling:
Engels: bus stop
Nederlands: bushalte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|