eerbiedig [boodskap #131062] |
So, 26 April 2020 18:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eerbiedig
Afbreking: eer•bie•dig
Byvoeglike naamwoord: eerbiedig
Vergrotende trap: eerbiediger
Oortreffende trap: eerbiedigste
Attributief: eerbiedige
Partitief: eerbiedigs
Betekenis:
• Vol agting en respek. Deur eerbied te koester of te vertoon.
Gebruik:
• Die man het eerbiedig sy hoof gebuig voordat hy begin bid het.
Sinoniem:
• respekteer
Antoniem:
• minagtend
• oneerbiedig
Vertaling:
Engels: respectful, courteous, well-mannered
Nederlands: eerbiedig
Werkwoord: eerbiedig
Verlede tyd: het geëerbiedig
Betekenis:
• Eerbied hê of wys; respekteer; niks doen wat teen iemand se wil is of op sy regte inbreuk maak nie.
Gebruik:
• Dis belangrik om plaaslike tradisies en gebruike te eerbiedig.
Vertaling:
Engels: to honor
Nederlands: eerbiedigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|