klimaatverandering [boodskap #131052] |
So, 26 April 2020 08:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klimaatverandering
Afbreking: kli•maat•ver•an•de•ring
Samestelling: klimaat + verandering
Selfstandige naamwoord: klimaatverandering
Meervoud: klimaatveranderinge
Verkleinwoord: klimaatveranderinkie
Meervoud van verkleining: klimaatveranderinkies
Betekenis:
• Die verandering in klimaat, in 'n bepaalde gebied en oor 'n bepaalde tyd, in besonder die wêreldwye verwarming sedert die 19de eeu.
Gebruik:
• Die mensdom moet dringend optree om klimaatverandering en die impak daarvan teen te werk.
Wisselvorm:
• klimaatsverandering
Vertaling:
Engels: climate change
Nederlands: klimaatverandering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|