Betekenis:
• 'n Soort wurm wat die bloed van mense en diere uitsuig.
• (figuurlik) Iemand wat ander uitbuit.
Gebruik:
• Die medisinale bloedsuier is in die ou tyd algemeen vir bloedlating gebruik om pasiënte se "slegte bloed" uit te suig.
• Die bloedsuier sal nie ophou voordat ons nie bankrot op straat sit nie!
Spreekwoord:
• Hy is 'n regte bloedsuier. ['n Hardvogtige woekeraar of uitbuiter.]
Vertaling:
Engels: leech
Nederlands: bloedzuiger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.