Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toonbank
toonbank [boodskap #130982] Di, 21 April 2020 16:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Toonbank in 'n winkel.
'n Toonbank in 'n winkel.
toonbank
Afbreking: toon•bank
Samestelling: toon + bank
Uitspraak: /ˈtʊə̯n.baŋk/


Selfstandige naamwoord: toonbank
Meervoud: toonbanke
Verkleinwoord: toonbankie
Meervoud van verkleining: toonbankies

Betekenis:
• 'n Tafel waar kliënte deur 'n winkelier of assistent bedien word.

Gebruik:
• 'n Mens kan nie sommer enige medisyne oor die toonbank koop nie.
• Allerlei aanloklike produkte word op die toonbank langs die kasregister uitgestal.

Hiponiem:
• kroegtoonbank
• skinktoonbank
• vertrektoonbank
• winskooptoonbank

Afgelei:
• toonbankklerk
• toonbanklaai

Vertaling:
Engels: counter
Nederlands: toonbank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: balans
Volgende onderwerp: ontvries
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 02:15:29 MGT 2024