Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eufemisme
eufemisme [boodskap #130980] Di, 21 April 2020 16:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eufemisme
Afbreking: eu•fe•mis•me


Selfstandige naamwoord: eufemisme
Meervoud: eufemismes
Verkleinwoord: eufemismetjie
Meervoud van verkleining: eufemismetjies

Betekenis:
• Die vervanging van 'n woord of uitdrukking deur 'n sagter, vriendeliker en mooier alternatief.

Gebruik:
• In kontras met 'n eufemisme, wat ter wille van versagting en verbloeming gebruik word, het 'n disfemisme 'n versterkende funksie.
• Prysaanpassing, beteken meestal dat die prys styg, en is dus 'n eufemisme vir prysverhoging.

Sinoniem:
• versagting

Antoniem:
• disfemisme

Afkorting:
• euf.

Vertaling:
Engels: euphemism
Nederlands: eufemisme

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ghitaar
Volgende onderwerp: balans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 02:23:25 MGT 2024