klikbek [boodskap #130972] |
Ma, 20 April 2020 12:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klikbek
Afbreking: klik•bek
Samestelling: klik + bek
Selfstandige naamwoord: klikbek
Meervoud: klikbekke
Verkleinwoord: klikbekkie
Meervoud van verkleining: klikbekkies
Betekenis:
• Iemand wat skinderstories aandra en op ander klik.
Gebruik:
• Klikkie-klikbek, hang 'n blikkie om jou nek!
Sinoniem:
• verklapper
• verklikker
• verraaier
Vertaling:
Engels: snitch, blabber, telltale
Nederlands: klikspaan, verrader, verklapper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|