kweekhuiseffek [boodskap #130963] |
So, 19 April 2020 19:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kweekhuiseffek
Afbreking: kweek•huis•ef•fek
Samestelling: kweekhuis + effek
Selfstandige naamwoord: kweekhuiseffek
Meervoud: –
Betekenis:
• Verhitting van die Aarde se atmosfeer as gevolg van kweekhuisgasse.
Gebruik:
• By gebrek aan die kweekhuiseffek, waar die Aarde bloot op die Son en die planeet se interne hitte aangewese was, sou die temperatuur op Aarde volgens bepaalde teoretiese modelle gemiddeld -18 °C wees; tans is dit 15 °C.
Sinoniem:
• broeikaseffek
Verwant:
• kweekhuisgas
Vertaling:
Engels: greenhouse effect
Nederlands: broeikaseffect
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|