vonkprop [boodskap #130944] |
So, 19 April 2020 09:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vonkprop
Afbreking: vonk•prop
Samestelling: vonk + prop
Uitspraak: /ˈfɔŋk.prɔp/
Selfstandige naamwoord: vonkprop
Meervoud: vonkproppe
Verkleinwoord: vonkproppie
Meervoud van verkleining: vonkproppies
Betekenis:
• Propagtige deel van 'n binnebrandenjin wat 'n elektriese vonk maak om brandbare gas te ontsteek en wat 'n enjin laat loop.
Gebruik:
• Vonkproppe kan ook soms in ander toepassings aangewend word, soos in industriële oonde waar 'n brandbare mengsel ontsteek moet word.
Vertaling:
Engels: spark plug, sparking-plug
Nederlands: bougie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|