Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vokaal
vokaal [boodskap #130943] So, 19 April 2020 08:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vokaal
Afbreking: vo•kaal
Uitspraak: /fʊ(ə)ˈkɑːl/


Selfstandige naamwoord: vokaal
Meervoud: vokale
Verkleinwoord: vokaaltjie
Meervoud van verkleining: vokaaltjies

Betekenis:
• Spraakklank gevorm met 'n oop spraakkanaal sonder enige afsluiting of obstruksie in die lugstroom.
• 'n Letter of teken wat 'n dergelike spraakklank voorstel.

Gebruik:
• As 'n vokaal uitgespreek word beweeg de lug ongehinderd deur die spraakkanaal by die mond uit sonder 'n merkbare ruis-, knal- of plofgeluid.
• Die letters a, e, i, o, u en y word eweneens vokale genoem.

Sinoniem:
• klinker

Antoniem:
• konsonant
• medeklinker

Afkorting:
• vok.

Afgelei:
• vokaalklank

Vertaling:
Engels: vowel
Nederlands: vocaal


Byvoeglike naamwoord: vokaal
Attributief: vokale

Betekenis:
• Wat tot die stem behoort; wat met die stem voortgebring word, gesing word.

Gebruik:
• Blues is 'n vorm van vokale en instrumentale musiek wat vanaf die 1920's dikwels deur Jazz-instrumentaliste en -sangers gebruik is.

Vertaling:
Engels: vocal
Nederlands: vocaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voetstap
Volgende onderwerp: vonkprop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 02:19:50 MGT 2024