Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » veselperske
veselperske [boodskap #130936] Sa, 18 April 2020 19:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Veselperske.
'n Veselperske.
veselperske
Afbreking: ve•sel•pers•ke
Samestelling: vesel + perske
Uitspraak: /ˈvɪə̯.səlˌpɛrskə/


Selfstandige naamwoord: veselperske
Meervoud: veselperskes
Verkleinwoord: veselpersketjie
Meervoud van verkleining: veselpersketjies

Betekenis:
• (plantkunde) Die subtropiese boom Mangifera indica.
• (vrug) Die peervormige vrugte van hierdie boom met veselagtige vleis.

Gebruik:
• Die veselperske is 'n bladhoudende boom wat 40 meter hoog kan word.
• Ryp veselperskes is soet in smaak, maar hulle is bitter-suur as hulle nog groen is.

Sinoniem:
• mango

Vertaling:
Engels: mango
Nederlands: mango
Venda: ḽinngo
Zoeloe: umango

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verwoes
Volgende onderwerp: veteraanmotor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 02:25:12 MGT 2024