losbandig [boodskap #130924] |
Sa, 18 April 2020 12:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
losbandig
Afbreking: los•ban•dig
Byvoeglike naamwoord: losbandig
Vergrotende trap: losbandiger
Oortreffende trap: losbandigste
Attributief: losbandige
Partitief: losbandigs
Betekenis:
• Sonder inagneming van (morele) waardes, reëls, regulasies of gebruike.
Gebruik:
• Hy het alles verkwis deur losbandig te lewe.
Sinoniem:
• bandeloos
• sedeloos
• immoreel
Afgelei:
• losbandigheid
Vertaling:
Engels: licentious, dissolute
Nederlands: losbandig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|