tiekieboks [boodskap #130915] |
Sa, 18 April 2020 09:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tiekieboks
Afbreking: tie•kie•boks
Samestelling: tiekie + boks
Uitspraak: /ˈti.kiˌbɔks/
Selfstandige naamwoord: tiekieboks
Meervoud: tiekiebokse
Betekenis:
• (histories) Openbare telefoon van waar mens teen betaling 'n oproep kan maak.
Gebruik:
• Die gebruik van selfone het die tiekieboks oorbodig gemaak.
Sinoniem:
• oproephokkie
• telefoonhokkie
Vertaling:
Engels: telephone booth, phone booth, call box
Nederlands: telefooncel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|