steenkool [boodskap #130885] |
Wo, 15 April 2020 19:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
steenkool
Afbreking: steen•kool
Samestelling: steen + kool
Uitspraak: /ˈstɪə̯n.kʊə̯l/
Selfstandige naamwoord: steenkool
Meervoud: steenkole
Verkleinwoord: steenkooltjie
Meervoud van verkleining: steenkooltjies
Betekenis:
• 'n Swart sedimentêre gesteente wat uit die plantreste van prehistoriese woude gevorm is en as energiebron gemyn word.
Gebruik:
• Vanweë sy ekonomiese belangrikheid word steenkool soms ook "swart goud" genoem.
Afgelei:
• steenkoolmyn
• steenkoolveld
Vertaling:
Engels: coal, pit-coal
Nederlands: steenkool
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|