Betekenis:
• 'n Harde mineraal, groter as sandkorrels, gruis en klippe, maar kleiner as rotse.
• (boukunde) 'n Baksteen.
• (juweliersware) 'n Diamant of ander edelsteen.
• (anatomie) 'n Harde vergroeisel in die liggaam.
Gebruik:
• Hy het sy voet teen 'n steen gestamp.
• Hoeveel stene het ons nodig om die muur te bou?
• Ek wil 'n verloofring met 'n groot blink steen hê.
• Nadat die steen gevorm is, kan dit in die nier bly of deur die nierbuise na die ureter beweeg.
Spreekwoord:
• Hy kla steen en been. [Kla baie.]
• Hy is 'n steen des aanstoots. [Hy is 'n rede tot ergernis.]
• Geen steen onaangeroer laat nie. [Alle moontlike middele aanwend.]
• Jou nie tweemaal aan dieselfde steen stoot nie. [Nie twee maal dieselfde fout begaan nie.]
• 'n Rollende steen vergaar geen mos nie. [Wie telkens van beroep verander, kan nie vorder nie.]