Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG
"Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG [boodskap #12661] So, 15 Februarie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
SENDELINGARGITEK
Antjie Krog

bedags loop ons uit in die son
- jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano's dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.
Vorige onderwerp: EEKHORING deur Sheila Cussons
Volgende onderwerp: "Die Toring van Babel" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 00:22:45 MGT 2024