Leksikograaf Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oes
Afbreking: oes
Uitspraak: /us/
Selfstandige naamwoord: oes
Meervoud: oeste
Verkleinwoord: oesie
Meervoud van verkleining: oesies
Betekenis:
• Ryp gewasse wat van die land afhaal is. Vrugte en gesaaides was ingesamel is.
• (figuurlik) Opbrengs wat behaal is. Die wins van arbeid.
Gebruik:
• Die oes is in volle swang. Die planeet Ceres se naam is afgelei van die Romeinse godin van groeiende plante, die oes en moederlike liefde.
• Die oes is besonder ryk die jaar.
Betekenis:
• Gewasse van die land afhaal (insamel, maai, pluk, ens).
• (figuurlik) As reaksie kry.
Gebruik:
• Ons is besig om koring te oes. Die landbou-aktiwiteite is geleidelik uitgebou, en later is die eerste wyndruiwe geoes.
• Sy pragtige solo oes 'n luide applous.
Spreekwoord:
• Op iemand se stoppels oes. [Vry na 'n meisie wat deur iemand anders afgesê is.]
• Wie wind saai, sal storm oes. [Wie kwaad stig, kry dit dikwels dubbel terug. Wie oproer verwek, word die slagoffer daarvan.]
Afgelei:
• oesfees
• oesjaar
• oestery
• oestyd
Vertaling:
Engels: to reap, gather, earn
Nederlands: oogsten
Byvoeglike naamwoord: oes
Vergrotende trap: oester
Oortreffende trap: oesste
Attributief: oes
Betekenis:
• Wat sleg lyk of voel; onaangenaam of sleg.