moedertaalspreker [boodskap #130790] |
Sa, 11 April 2020 10:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
moedertaalspreker
Afbreking: moe•der•taal•spre•ker
Samestelling: moedertaal + spreker
Uitspraak: /ˈmudərtɑːlˌspreə̯kər/
Selfstandige naamwoord: moedertaalspreker
Meervoud: moedertaalsprekers
Betekenis:
• Iemand wat 'n taal praat omdat dit sy moedertaal is.
Gebruik:
• Selfs na baie oefening is dit bykans onmoontlik om na puberteit 'n taal so goed te leer as 'n moedertaalspreker.
• Universiteite probeer deesdae om moedertaalsprekers te ontmagtig deur hulle te forseer om in Engels te studeer.
Antoniem:
• nie-moedertaalspreker
Vertaling:
Engels: native speaker
Nederlands: moedertaalspreker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|