Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » luis
luis [boodskap #130781] Sa, 11 April 2020 07:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Luis.
'n Luis.
luis
Afbreking: luis
Uitspraak: /lœis/


Selfstandige naamwoord: luis
Meervoud: luise
Verkleinwoord: luisie
Meervoud van verkleining: luisies

Betekenis:
• 'n Vlerklose insek wat op plante of diere parasiteer.

Gebruik:
• Die egte luis (orde Anoplura) is 'n bloedsuiende parasiet wat net op soogdiere voorkom.

Spreekwoord:
• Hy is so arm soos 'n luis op 'n kam. [Baie arm.]

Afgelei:
• boekluis
• kopluis
• lyfluis

Vertaling:
Engels: louse
Nederlands: luis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lont
Volgende onderwerp: lywe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 02:18:30 MGT 2024