Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liedjie
liedjie [boodskap #130779] Sa, 11 April 2020 06:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorblad van die Volksangbundel vir Suid-Afrika.
Voorblad van die Volksangbundel vir Suid-Afrika.
liedjie
Afbreking: lied•jie
Uitspraak: /ˈli.ki/


Selfstandige naamwoord: lied
Meervoud: liedere
Verkleinwoord: liedjie
Meervoud van verkleining: liedjies

Betekenis:
• 'n Stuk musiek met woorde by wat gesing word.

Gebruik:
• Ek het 'n mooi liedjie op die radio gehoor.

Spreekwoord:
• Hy sing 'n ander liedjie. [Hy is minder aanmatigend.]

Sinoniem:
• lied

Hiponiem:
• lofliedjie
• kersliedjie
• saamsingliedjie
• slaapliedjie
• slampamperliedjie
• treurliedjie
• volksliedjie
• wiegeliedjie

Afgelei:
• liedjieskrywer

Vertaling:
Engels: song, hymn, anthem
Nederlands: lied
Venda: ngosha, luimbo
Zoeloe: iculo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leerarea
Volgende onderwerp: lont
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 02:21:46 MGT 2024