Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baar
baar [boodskap #130587] Di, 31 Maart 2020 20:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baar
Afbreking: baar
Uitspraak: /bɑːɾ/


Werkwoord: baar
Verlede tyd: het gebaar
Teenwoordige deelwoord: barende

Betekenis:
• Lewe skenk; in die wêreld bring; voortbring.

Gebruik:
• En kyk, jy sal swanger word en 'n seun baar, en jy moet hom Jesus noem. [Lukas 1:31]

Spreekwoord:
• Borge baar sorge. [Deur vir iemand borg te staan, haal jy jouself baie moeilikheid op die hals.]

Afgelei:
• baarmoeder

Vertaling:
Engels: to give birth, bring forth, bear
Nederlands: baren


Byvoeglike naamwoord: baar
Vergrotende trap: baarder
Oortreffende trap: baarste
Attributief: baar

Betekenis:
• Wat onkundig, onervare, onbeholpe of ongeskool is; rou.

Gebruik:
• Hy het pas hier begin werk en is maar nog baar.

Vertaling:
Engels: raw, inexperienced, unskilled, untrained
Nederlands: baar

'n Baar goud.
'n Baar goud.

Selfstandige naamwoord: baar
Meervoud: bare
Verkleinwoord: baartjie
Meervoud van verkleining: baartjies

Betekenis:
• 'n Staaf goud, silwer of ander edelmetaal; gietblok.
• Verkorting van draagbaar.
• (ongewoon) 'n Groot golf of brander.

Gebruik:
• Hulle sal mos nooit 'n baar of twee van daai goud mis nie.
• Die beseerde rugbyspeler is op 'n baar van die veld af gedra.
• Die skipper vaar behendig oor die bare.

Vertaling:
Engels: bar; stretcher; wave, breaker
Nederlands: baar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: baaitjie
Volgende onderwerp: oujongnooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 04:35:10 MGT 2024