Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aal
aal [boodskap #130574] So, 29 Maart 2020 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Aal.
'n Aal.
aal
Afbreking: aal


Selfstandige naamwoord: aal
Meervoud: ale
Verkleinwoord: aaltjie
Meervoud van verkleining: aaltjies

Betekenis:
• 'n Paling, veral jonger indiwidue van die spesie Anguilla anguilla.

Gebruik:
• 'n Aal kan elektriese skokke aan sy vyand toedien wat 'n mens katswink kan slaan of selfs kan doodskok.

Spreekwoord:
Aal is nog geen paling nie. [Die mindere is nie gelyk aan die meerdere nie.]
• Hy probeer 'n aal aan sy stert vang. [Hy probeer die onmoontlike doen.]

Sinoniem:
• paling

Afgelei:
• aalagtig
• aalfuik
• aalpastei
• aalskêr
• aalskolwer
• aalsop
• aalstreep
• aalvel
• aalverkoper
• aalvissery
• aalvormig
• aalwurm

Vertaling:
Engels: eel
Nederlands: aal

'n Bierglas met aal.
'n Bierglas met aal.

Selfstandige naamwoord: aal
Meervoud: ale

Betekenis:
• 'n Ligte soort bier.

Gebruik:
Aal is gebrou voordat die brouers instrumentasie gehad het om die proses fyn te beheer, as gevolg daarvan is daar verskeie effekte op die finale produk, soos donker kleur en vrugtesmake.

Afgelei:
• aalpomp

Vertaling:
Engels: ale
Nederlands: aal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paling
Volgende onderwerp: sierplant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:37:00 MGT 2024