Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ag
ag [boodskap #130556] So, 29 Maart 2020 09:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ag
Afbreking: ag
Uitspraak: /aχ/


Hooftelwoord: ag

Betekenis:
• Verkorting van die getal agt.

Gebruik:
Ag is een meer as sewe en een minder as nege.
• Hy is ag jaar oud.

Afgelei:
• agste

Vertaling:
Engels: eight
Nederlands: acht


Selfstandige naamwoord: ag
Meervoud:

Betekenis:
• Die vereiste aandag, belangstelling of sorg (kom tans slegs in vaste uitdrukkings voor soos "ag slaan", "in ag neem").

Gebruik:
• Hy moet ag slaan op sy waarskuwing.

Vertaling:
Engels: attention
Nederlands: acht


Werkwoord: ag
Verlede tyd: het geag
Teenwoordige deelwoord: agtende

Betekenis:
• Beskou; reken; van mening wees; hou voor dat.
• Waardeer; agting gee; 'n positiewe mening hê oor.

Gebruik:
• Ek ag hom as 'n belangrike bate in ons maatskappy.
• Hy word hoog geag.

Vertaling:
Engels: to regard; to deem; mind, think
Nederlands: achten


Tussenwerpsel: ag

Betekenis:
• Uitroep van medelye, verbasing of ontsteltenis.
• Druk uit dat iets minder belangrik is.

Gebruik:
Ag nee man, dit sal mos nie deug nie!
Ag, dit is maar soos die lewe is.

Sinoniem:
• a
• aag

Vertaling:
Engels: oh, oh no, shoot, damn, oh dear
Nederlands: ach

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: akupunktuur
Volgende onderwerp: ape
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 04:24:27 MGT 2024