Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wandelpad
wandelpad [boodskap #130549] Sa, 28 Maart 2020 20:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wandelpad.
'n Wandelpad.
wandelpad
Afbreking: wan•del•pad
Samestelling: wandel + pad
Uitspraak: /ˈvan.dəlˌpat/


Selfstandige naamwoord: wandelpad
Meervoud: wandelpaaie
Verkleinwoord: wandelpaadjie
Meervoud van verkleining: wandelpaadjies

Betekenis:
• 'n Pad waarop geloop word; weg vir wandelaars/voetgangers.

Gebruik:
• Die Tsitsikammaseekus Nasionale Park en die Otter-wandelpad is weens brande tydelik gesluit.

Sinoniem:
• looppad
• voetpad

Hiperoniem:
• pad

Vertaling:
Engels: walkway, trail, footpath, sidewalk
Nederlands: wandelpad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waterstof
Volgende onderwerp: apartheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 04:24:41 MGT 2024