wisselkoers [boodskap #130544] |
Sa, 28 Maart 2020 18:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wisselkoers
Afbreking: wis•sel•koers
Samestelling: wissel + koers
Uitspraak: /ˈvə.səlˌkuːrs/
Selfstandige naamwoord: wisselkoers
Meervoud: wisselkoerse
Verkleinwoord: wisselkoersie
Meervoud van verkleining: wisselkoersies
Betekenis:
• Die verhouding waarteen een munteenheid vir 'n ander gewissel kan word. Die waarde van 'n land se geldeenheid teenoor die waarde van 'n ander land se geldeenheid.
Gebruik:
• Die rand/dollar-wisselkoers is tans R15 (ZAR) vir $1 (VSD).
Afgelei:
• wisselkoersprys
• wisselkoersspekulasie
• wisselkoersverhouding
• wisselkoersverskille
• wisselkoersvlakke
Vertaling:
Engels: exchange rate
Nederlands: wisselkoers
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|