wond [boodskap #130541] |
Sa, 28 Maart 2020 16:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wond
Afbreking: wond
Uitspraak: /vɔnt/
Selfstandige naamwoord: wond
Meervoud: wonde
Verkleinwoord: wondjie
Meervoud van verkleining: wondjies
Betekenis:
• 'n Beskadiging in of aan die liggaam.
Gebruik:
• Met die val het hy 'n diep wond aan sy been opgedoen.
Spreekwoord:
• Die vinger op die wond lê. [Die gebrek, fout presies aandui.]
Hiponiem:
• borswond
• brandwond
• bytwond
• etterwond
• geweerwond
• hartwond
• heupwond
• huidwond
• kneuswond
• kniewond
• koeëlwond
• kopwond
• maagwond
• meswond
• skaafwond
• skeurwond
• skietwond
• skraapwond
• skroeiwond
• snywond
• steekwond
• vleeswond
Afgelei:
• wondmerk
• wondweefsel
Vertaling:
Engels: wound, injury
Nederlands: wond
Werkwoord: wond
Verlede tyd: het gewond
Betekenis:
• Om fisies te beseer.
• Om emosioneel te kwes.
Gebruik:
• Die jagter wond die bok.
• Haar woorde het my diep gewond.
Sinoniem:
• beseer
• seermaak
Vertaling:
Engels: to wound, injure, hurt
Nederlands: wonden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|