wei [boodskap #130539] |
Sa, 28 Maart 2020 15:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wei
Afbreking: wei
Werkwoord: wei
Verlede tyd: het gewei
Betekenis:
• Gras vreet, soos die beeste op die veld.
Gebruik:
• Omdat bokke in die veld wei, en veldplante meer minerale as aangeplante weiding het, is bokke minder geneig tot mineraaltekorte as skape.
Spreekwoord:
• Mag dit reën waar jou bokke wei. [Mag jy voorspoedig wees.]
• Hy laat sy oë wei oor haar. [Sy oë strelend laat gaan oor haar.]
Homofoon:
• wy (skenk, soos in "wy jou aandag aan hierdie saak")
Verwant:
• weiding
• weiveld
Vertaling:
Engels: to graze, feed
Nederlands: weiden
Selfstandige naamwoord: wei
Meervoud: weie
Verkleinwoord: weitjie
Meervoud van verkleining: weitjies
Betekenis:
• Die waterige deel wat vorm as melk of bloed stol.
Gebruik:
• As mens kaas maak word die wei afgegooi nadat die soliede dele van die melk gestol het.
Vertaling:
Engels: whey; serum
Nederlands: wei
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|