dagblad [boodskap #130490] |
Wo, 25 Maart 2020 15:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dagblad
Afbreking: dag•blad
Samestelling: dag + blad
Selfstandige naamwoord: dagblad
Meervoud: dagblaaie
Verkleinwoord: dagblaadjie
Meervoud van verkleining: dagblaadjies
Betekenis:
• 'n Nuusblad (koerant) wat elke dag, behalwe Sondae, uitgegee word.
Gebruik:
• Die Internet en ontwikkelinge in tegnologie kan dalk die rede wees waarom die Afrikaanse dagblad, Volksblad, se deure moontlik binnekort sal toemaak.
Verwant:
• weekblad
• maandblad
• jaarblad
Vertaling:
Engels: daily paper
Nederlands: dagblad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|