voëlperspektief [boodskap #130487] |
Wo, 25 Maart 2020 15:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voëlperspektief
Afbreking: vo•ël•per•spek•tief
Samestelling: voël + perspektief
Selfstandige naamwoord: voëlperspektief
Meervoud: voëlperspektiewe
Betekenis:
• 'n Toneel soos 'n voël, wat op sy vlerke hang, iets sal sien.
Gebruik:
• As die horison uitermate hoog is, word daar van voëlperspektief gepraat; as dit uitermate laag lê, word daar van wurmperspektief (laevlakperspektief) gepraat.
Antoniem:
• wurmperspektief
Vertaling:
Engels: bird’s‐eye view
Nederlands: vogelperspectief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|