vakwoordeboek [boodskap #130481] |
Wo, 25 Maart 2020 10:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vakwoordeboek
Afbreking: vak•woor•de•boek
Samestelling: vak + woordeboek
Selfstandige naamwoord: vakwoordeboek
Meervoud: vakwoordeboeke
Verkleinwoord: vakwoordeboekie
Meervoud van verkleining: vakwoordeboekies
Betekenis:
• 'n Woordeboek van vakterme. Woordeboek wat tegniese terminologie bevat.
Gebruik:
• 'n Vakwoordeboek of veldgespesialiseerde woordeboek gee nie die woordeskat van 'n taal weer nie, maar slegs die vaktaal van 'n bepaalde groep mense, gewoonlik mense wat dieselfde vak beoefen.
Hiperoniem:
• woordeboek
Vertaling:
Engels: technical dictionary
Nederlands: vakwoordenboek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|