tonnemaat [boodskap #130472] |
Di, 24 Maart 2020 17:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tonnemaat
Afbreking: ton•ne•maat
Samestelling: ton(ne) + maat
Selfstandige naamwoord: tonnemaat
Meervoud: tonnemate
Betekenis:
• Die aantal ton water wat 'n skip verplaas (netto as leeg; bruto as vol gelaai).
• Die laaivermoë van 'n skip in tonne uitgedruk.
Gebruik:
• Die skip is 120m in lengte en 19m in breedte, met 'n bruto tonnemaat van 7 627 en 'n netto tonnemaat van 2 288.
Vertaling:
Engels: tonnage
Nederlands: tonnenmaat, tonnemaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|