anabolies [boodskap #130468] |
Di, 24 Maart 2020 14:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
anabolies
Afbreking: a•na•bo•lies
Byvoeglike naamwoord: anabolies
Attributief: anaboliese
Betekenis:
• Gekenmerk deur anabolisme, die metaboliese opbou van komplekse molekules in die sel(le) van 'n organisme.
Gebruik:
• Respirasie is katabolies omdat voedsel afgebreek word, daarteenoor is fotosintese anabolies, omdat voedsel gevorm word.
Antoniem:
• katabolies
Vertaling:
Engels: anabolically, anabolic
Nederlands: anabolisch, anabole
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|