soewenier [boodskap #130457] |
Ma, 23 Maart 2020 19:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
soewenier
Afbreking: soe•we•nier
Selfstandige naamwoord: soewenier
Meervoud: soeweniers
Verkleinwoord: soeweniertjie
Meervoud van verkleining: soeweniertjies
Betekenis:
• 'n Aandenking wat 'n mens ter herinnering aan een of ander plek of gebeurtenis hou.
Gebruik:
• Sy het met 'n tas vol soeweniers en snuisterye van die vakansie af teruggekom.
Sinoniem:
• aandenking
• herinneringsgeskenk
• memento
Vertaling:
Engels: souvenir, keepsake
Nederlands: souvenir
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|