portefeulje [boodskap #130444] |
So, 22 Maart 2020 16:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
portefeulje
Afbreking: por•te•feul•je
Selfstandige naamwoord: portefeulje
Meervoud: portefeuljes
Verkleinwoord: portefeuljetjie
Meervoud van verkleining: portefeuljetjies
Betekenis:
• Die gesamentlike aandele van 'n persoon of instelling; aandeleportefeulje.
• 'n Afdeling van die staatsdiens aan 'n kabinetsminister toevertrou.
Gebruik:
• Elke belegger behoort buitelandse aandele in sy portefeulje te hê.
• In 1936 is Frederick Sturrock as lid van die Verenigde Party aangestel as minister sonder portefeulje in die kabinet van genl. J.B.M. Hertzog.
Afgelei:
• portefeuljebestuurder
• portefeuljekomitee
Vertaling:
Engels: wallet; portfolio
Nederlands: portefeuille
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|