Betekenis:
• Sleutel wat op baie slotte pas.
• Iemand (of iets) wat loop.
• Lang, smal tapyt of lap op 'n tafel.
• (skaak) 'n Stuk in skaak, wat enige afstand diagonaal beweeg; biskop.
• (plantkunde) Die lote of spruite van 'n plant waar groei plaasvind.
• (rekenaarwetenskap) Die pyltjie wat met die muis beweeg word; die wyser.
Gebruik:
• Die woonstelblok se opsigter het 'n loper sodat hy kon oopsluit waar en indien nodig.
• 'n Gereelde loper is gewoonlik fikser as iemand wat altyd orals heen ry.
• 'n Rooi loper is vir die eregaste uitgerol.
• Een loper begin tussen die koning se ruiter en die koning, die ander een tussen die dame se ruiter en die dame.
• Die wortelstok het 'n nuwe loper gevorm.
• Beweeg die loper na die regte knoppie en kliek daarop.