lasbrief [boodskap #130428] |
Sa, 21 Maart 2020 20:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lasbrief
Afbreking: las•brief
Samestelling: las + brief
Selfstandige naamwoord: lasbrief
Meervoud: lasbriewe
Verkleinwoord: lasbriefie
Meervoud van verkleining: lasbriefies
Betekenis:
• 'n Bevel van die hof, gewoonlik om iets in beslag te neem of 'n sekere persoon in hegtenis te neem.
Gebruik:
• 'n Lasbrief is uitgereik vir die in inhegtenisname van 'n man wat aangekla is van die ontvoering van 'n skoolmeisie van Modimolle.
Vertaling:
Engels: warrant, order
Nederlands: bevel, arrestatiebevel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|