Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » korona
korona [boodskap #130421] Sa, 21 Maart 2020 18:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20579
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die korona van die son tydens 'n sonsverduistering.
Die korona van die son tydens 'n sonsverduistering.
'n Voorstelling van die koronavirus.
'n Voorstelling van die koronavirus.
korona
Afbreking: ko•ro•na


Selfstandige naamwoord: korona
Meervoud: koronas
Verkleinwoord: koronatjie
Meervoud van verkleining: koronatjies

Betekenis:
• 'n Krans van lig rondom die son of ander ligbron; stralekrans.
• Die koronavirus, 'n virus in die familie Coronaviridae en subfamilie Orthocoronavirinae, wat soos 'n kroon of krans lyk.

Gebruik:
• Die korona van die Son strek miljoene kilometers in die buitenste ruimte en word die maklikste tydens 'n totale sonsverduistering gesien, maar dit is ook met 'n koronagraaf waarneembaar.
• Talle mense is tydens die epidemie in 2020 aan korona oorlede.

Afgelei:
• korona-epidemie
• koronahelderheid
• koronagraaf
• koronasteuring
• koronavirus
• koronavry

Vertaling:
Engels: corona
Nederlands: corona

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: knaagdier
Volgende onderwerp: kodisil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 06:35:05 MGT 2024